Back To main menu click here
Home Up

Afval Kerrie Pot

Home
Up

Kerrie-afval Potjie

1 skaapafval, skoon gemaak
1 liter water (4k)
12,5 ml botter of margarien (le)
2 uie, gekap
10 ml kerriepoeier (2t)
5 ml borrie (1t)
5 ml sout (1t)
10 ml suiker (2t)
12,5 ml asyn-opsioneel (le)
mielieblom, aangemaak met 'n bietjie water

Metode:

bulletPlaas die afval in 'n kastrol, voeg die water by en plaas die deksel op. 
bulletLaat die vleis opkook en skep dan die skuim wat bo-op vorm, af. 
bulletKook die afval ongeveer 4 tot 6 uur oor lae hitte. Vul die water aan, indien nodig. 
bulletVoeg die sout en asyn, asook die uie en aartappels by, en laat dit met die deksel op prut totdat die aartappels gaar is. 
bulletSkep die oortollige vet af. Verdik die sous met aangemaakte mielieblom.
bulletKook ongeveer 45 minute lank in 'n drukkastrol. Die gaarmaaktyd van afval hang af van die ouderdom van die skaap. Kyk liewer gereeld hoe sag die afval al is, ook wanneer dit in die drukkastrol gaargemaak word, anders kook dit dalk te pap.**
bulletSmelt die botter of margarien en soteer die uie daarin totdat dit deurskynend is. 
bulletVoeg die kerriepoeier en borrie by en braai dit effens. Voeg die uie en aartappels by die afval, strooi die sout oor en voeg die suiker by. 
bulletRoer dit goed deur. Kook dit totdat die aartappels gaar is. Proe, en voeg nog geurmiddels na smaak, asook die asyn, by. Verdik die sous met mielieblom (indien nodig).