Back To main menu click here
Home

Aspersie Quiche

Home

Aspersie Quiche

Met die regte tipe aspersie is dit 'n uithaler-gereg.

Kors

300 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
ml sout
100 g botter
1 eier goed geklits

Sif droë bestanddele saam en vryf botter met vingerpunte in. Maak aan met die eier.
Druk deeg teen tertbak se kante vas.
Verkoel in yskas.
Vulsel
50 ml botter
50 ml koekmeelblom
250 ml melk
2 eiers, geskei
1 blik (430 g) aspersies, gedreineer
250 ml sterk gegeurde kaas, gerasper
5 ml mosterdpoeier
sout en peper na smaak

Stel die oond op 180 °C. Maak 'n witsous van die eerste drie bestanddele en roer eiergele vinnig by. Voeg dan kaas, aspersies, mosterd, sout en peper by. Klits eierwit styf en vou in.
Skep vulsel in kors en bak 30 min.
Wenk: Vir variasie kan vars gekapte pietersielie, ham of bros gebraaide ontbytspek bygevoeg word.