Make your own free website on Tripod.com

                                Back To main menu click here
Home Up

Avokado- en salm

Home
Up

Avokado- en salmvoorgereg

Met ´n pikante vinaigrette-sous smaak hierdie voorgereg vorentoe.

2 ryp avokado´s
suurlemoensap om oor te sprinkel
1 blik (212 g) pienk salm
3 middelslag-agurkies, gekap
halwe middelslag rooi ui, gekap
kropslaaiblare
4 repe swoerdlose spekvleis, in klein stukkies gesny
hardgekookte geel van 2 eiers

Vinaigrette-sous
15 ml Dijon-mosterd
60 ml appelasyn
45 ml strooisuiker
60 ml olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
na smaak
tabasco-sous

Halveer die avokado´s oorlangs en ontpit. Haal die vrug versigtig uit die dop en sny in groterige blokkies. Hou die vier halwe doppe eenkant. Plaas die avokadoblokkies in ´n bak en besprinkel met die suurlemoensap. Voeg die salm by en meng liggies.
Vir die vinaigrette-sous: meng die mosterd, asyn en strooisuiker goed saam. Voeg die olie geleidelik by terwyl jy die mengsel voortdurend klits. Geur na smaak.
Gebruik die halwe doppe en rangskik ´n slaaiblaar of twee in elkeen. Giet die vinaigrette-sous oor die avokado-en-salmmengsel en meng liggies. Skep op die slaaiblare.
Braai die spekvleis tot bros en dreineer op kombuispapier. Strooi die spekstukkies en eiergele, gekrummel, oor die avokado en salm. Dien op. Genoeg vir vier mense.