Back To main menu click here
Home Up

Bees

Home
Up

BEESPOTBRAAISTUK MET 'N ROMERIGE OKKERNEUTSOUS

1,5 kg beesvleis
2 knoffelhuisies, gekneus
30 ml gekapte vars pietersielie
30 ml botter
30 ml kookolie
20 vars klein piekeluitjies
2 selderystokkies
12 klein worteltjies
30 ml brandewyn
250 ml vleisaftreksel
takkie elk vars roosmaryn en vars tiemie of andersins 3 ml droÎ roosmaryn en 1 ml droÎ tiemie
10 ml koekmeelblom
100 suurroom
15 ml suurlemoensap
15 ml Franse mosterd
50 g okkerneute (100 ml)

METODE

Maak 'n pasta van knoffel, pietersielie en botter. Maak insnyding in vleis en stop daarmee. Bind vleis met tou. Braai vleis bruin in olie. Voeg ui, seldery en wortel by en soteer tot ui deurskynend is. Giet brandewyn in houer, verhit en giet oor vleis. Steek onmiddellik aan die brand. Voeg verhitte aftreksel en kruie by. Verlaag hitte en prut vir 1 tot 11/2 uur of tot vleis sag. Verdik sous met meel en water. Voeg suurlemoensap, mosterd en okkerneute by sous. Giet oor vleis en sit voor.

8 - 10 porsies