Back To main menu click here
Home Up

Bief Stroganoff

Home
Up

Bief Stroganoff

750 g bees-binneboud of -filet
30 ml botter
30 ml kookolie
1 groot ui, in skywe gesny
500 g sampioene, in skyfies gesny
10 ml tamatiepuree
7,5 ml aangemaakte korrelmosterd
sap van 1 suurlemoen
300 ml suurroom
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat 30 ml gekapte pietersielie

Sny die vleis in repies van sowat 50 mm lank, 5 mm dik en 5 mm breed.
Verhit die helfte van die olie en botter in 'n groot swaarboompan en braai die ui daarin tot effens bruin. Lig uit met gaatjieslepel en hou eenkant. Soteer sampioene in dieselfde pan vir sowat vyf minute tot effens bruin. Skep uit en hou by uie.
Sit res van botter en olie in dieselfde pan en braai vleis bietjiesgewys daarin tot dit verbruin. Skep uie en sampioene terug in pan by vleis en roer die tamatiepuree, mosterd en suurlemoensap by. Stel hitte laer en voeg room by. Geur soos nodig en voeg gekapte pietersielie by. Laat net deurwarm word. Die room moenie skif nie.
Sit voor met kapokaartappels en groente.
Genoeg vir 6 - 8 porsies.

Beesvleis Stroganoff

1 kg bolo, dy of binneboud, in repies gesny
10 ml elk kookolie en botter
1 ui, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
500 g vars sampioene, skoongevee en in skyfies gesny
sout en peper na smaak
5 ml mosterdpoeier
250 ml vleisaftreksel
200 ml suurroom
10 ml droë pietersielie
400 g klaarbereide skilferkorsdeeg, ontdooi
1 eier, geklits
6-10 stingeluie, geblansjeer en in die lengte gehalveer

Metode:
Braai vleis bruin in verhitte olie en botter. Voeg ui, knoffel en sampioene by en braai. Geur vleis met sout, peper en mosterd. Voeg verhitte aftreksel by, plaas deksel op en prut vir 50 to 60 minute of tot vleis sag is. Laat afkoel en roer suurroom en pietersielie by. Sny deeg in vierkante van 150 * 150 mm. Skep lepelsvol stroganoff op deeg. Vat hoeke van deeg bymekaar en bind vas met stingeluie. Bestryk liggies met eier en bak by 200 grade Celsius vir 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit dadelik voor.