Back To main menu click here
Home Up

BLINDEVINKE

Home
Up

GEURIGE BLINDEVINKE
12 dun skywe bolo
15 ml kookolie
2 preie, in ringe gesny
250 ml droë witwyn
7 ml sout
2 ml varsgemaalde swartpeper
15 ml koekmeelblom
50 ml suurroom
30 ml gekapte pietersielie

Vulsel:
100 g vars sampioene, gekap
1 middelslag ui, gekap
15 ml kookolie
15 ml botter
40 g gekapte neute (100 ml)
60 g pitlose rosyne (100 ml)
30 ml gekapte pietersielie
5 ml suurlemoensap
5 ml sout
1 ml varsgemaalde swartpeper

Metode:
Soteer sampioene en ui in 'n mengsel van verhitte kookolie en botter. Voeg res van vulselbestanddele by en braai liggies. Laat afkoel. Smeer vulsel oor vleis. Rol op en steek met 'n peuselstokkie vas of bind vas met tou. Braai vleis bruin in verhitte kookolie in 'n swaarboomkastrol. Voeg preie by en soteer. Voeg verhitte wyn en geurmiddels by. Plaas deksel op, verminder hitte en prut vir 1 - 12 uur of totdat vleis sag is. Meng koekmeelblom en room. Voeg by vleis om sous te verdik. Voeg pietersielie net voor bediening by.

(6 porsies)