Back To main menu click here
Home Up

BOLO

Home
Up

BOLO

1,5 kg bolo
100 g varkspek, in repies gesny
15 ml droë of 50 ml gekapte vars pietersielie
2 knoffelhuisies, gekneus
sout en peper na smaak
1 elk middelslag geelwortel en selderystingel, in repies gesny
20 ml kookolie
1 groot ui, gekap
250 ml vleisaftreksel
3 ml droë roosmaryn of 10 ml gekapte vars roosmaryn
15 ml koekmeelblom

Metode:
Rol spek in mengsel van pietersielie, knoffel, sout en peper. Lardeer bolo met spek-, geelwortel- en selderyrepies. Bind vleis met tou om vorm tydens gaarmaak te behou. Braai vleis bruin in verhitte olie. Voeg ui by en soteer. Voeg verhitte aftreksel en roosmaryn by. Plaas deksel op, verminder hitte en prut vir 1,5 ror 2 uur of tot vleis sag is. Verdik sous met 'n pasta van meel en water indien nodig. Sit warm of koud voor.
(8-10 porsies)