Back To main menu click here
Home

Broodrolletjies

Home

Broodrolletjies gemaak van patatdeeg

1 kg witbroodmeel; 10 g kits-droëgis; 75 ml witsuiker; 7 ml sout; 150 g (160 ml) botter/margarien (kamertemperatuur); 2 eiers, geklits; 250 g (250 ml) louwarm fyn gaar patats; 400 ml sterk louwarm water.

Stel die oond op 200°C. Sif die meel, gis, suiker en sout saam. Vryf die botter of margarien by die droë bestanddele in tot dit 'n krummelrige tekstuur het. Meng die eier en patats. Voeg saam met die water by die meelmengsel en roer tot taamlik goed gemeng. Knie tot 'n sagte, gladde, elastiese deeg. Plaas die deeg in 'n groot houer wat goed met olie gesmeer is. Draai die deeg om sodat die "gesmeerde" kant bo is. Bedek die houer en laat rys tot dubbel die volume.

Knie die deeg af, halveer en rol elke deel op 'n meelbestrooide plank uit in 'n sirkel van sowat 400 mm in deursnee. Sny elke sirkel in 16 ewe groot wiggies. Begin by die ronde rand en rol elke wiggie na die puntkant toe op. Plaas die rolle met die punt onder 'n entjie van mekaar op 'n gesmeerde pan. Bedek liggies met plastiek en laat rys by kamertemperatuur tot dubbel die volume. Verwyder die plastiek en bak sowat 20 minute tot mooi goudbruin. Laat op 'n draadrak afkoel. Sit louwarm of koud voor