Back To main menu click here
Home Up

Casserole

Home
Up

Lam Casserole



Bestanddele:
1kg lamsboud, opgesny in blokkies
1 groot ui, opgesny
3 wortels, opgesny
5ml sout
5ml tiemie
5ml vars gemaalde swartpeper
125g margarien/botter
3 aartappels, in blokkies opgesny
100ml ertjies
200g sampioene
60ml Bisto Gravy Powder
250ml water

Metode:
1. Verhit die oond vooraf tot 200grade Celsius.
2. Verhit die margarien/botter in 'n pan, voeg die vleis by en braai totdat bruin aan albei kante. Verwyder van die pan en hou eenkant om te rus.
3. Braai die opgesnyde ui in dieselfde pan totdat effe bruin.
4. Smeer 'n groot oondvaste (glas)bak en pak met lae vleis, ui, aartappel, wortel, ertjies en sampioene en strooi sout, gemengde kruie, tiemie en peper bo-oor elke laag.
5. Meng Bisto met water totdat egalig en gooi oor die bestanddele in die oondvaste bak.
6. Bak in die oond vir 'n uur.