Make your own free website on Tripod.com

                                Back To main menu click here
Home Up

GEBAKTE PIESANGS

Home
Up

EKSOTIESE GEBAKTE PIESANGS
Kooktyd: 20 minute
Temperatuur: 375F of 190C
4 - 5 porsies

8 klein piesangs
40g botter
1 suurlemoen (sap)
3 eetl gekerfde klapper
3 eetl sagte bruinsuiker
3 eetl rum of van der Hum

1. Skil piesangs en, indien groot, halveer. Plaas langs mekaar in gebotterde vuurvaste bak sodat hulle styf teen mekaar l. Sprinkel eweredig met suurlemoensap, dan klapper, daarna suiker en uiteindelik rum. Sit klontjies van oorblywende botter bo-op en bak in die middel van voorafverhitte oond.
2. Bak totdat piesangs sag is en die gereg bo-op `n diep goue kleur het.
3. Dien op met dun room.
4. Gooi ekstra eetlepel rum in 'n verhitte lepel, flambeer en dien piesangs brandend op.