Back To main menu click here
Home

Gesondheidsbeskuit

Home

Gesondheidsbeskuit

10 ml Bakpoeier
2 tl Sout
10 ml Kremetart
1 kg Volkoring meel
400g/500 ml Bruinsuiker
200g/300 g Margarine

600ml Karringmelk (as jy nie het nie, voeg 'n bietjie wit asyn by gewone melk, net todat dit 'n suur smaak het. Dit sal die ding doen!)
10ml Koeksoda
(Meng bg. twee saam)

10ml Mayonaise

Meng al die droë bestanddele saam, en al die nat bestanddele. Meng dan die twee weers saam. Bak in 'n oondpan, of drie brood pannetjies.
Sny die beskuit as dit HEELTEMAL koud is, en droog dan in die oond.

Gesondheidsbeskuit (2)
1 kg volkoringmeel
500 ml koekmeel
250 ml klapper
500 ml fyngedrukte ontbytgraanvlokkies
200 ml pitlose rosyne
125 ml sonneblomsaad
55 ml bakpoeier
10 ml sout
500 ml suiker
250 g margarien, gesmelt
250 ml sonneblomolie
1 liter kookwater

M e t o d e
Stel die oond op 180ÝC. Meng al die droë bestanddele, behalwe die suiker, saam. Giet die gesmelte margarien in ´n ander mengbak en voeg die suiker, olie en kookwater by. Meng. Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep die deeg in twee gesmeerde broodpanne. Doop ´n mes in warm water en sny die deeg in blokkies. Bak sowat 1 uur, of tot gaar, in die voorverhitte oond. Laat effens afkoel in die panne. Keer uit, breek in stukke en droog uit in ´n oond van 100ÝC.