Back To main menu click here
Home Up

Gesoute skaapboud

Home
Up

Gesoute skaapboud

Gebruik 'n goeie, mooi-gevormde skaapboud. Kap die skeen af. Neem -

1 eetlepel elk peper, heel gemendge spesery en koljander
0.5 kg suiker
1 eetlepel salpeter
1 eetlepel growwe sout

Kneus die speserye en koljander. Maak almal saam in 'n pan so warm as wat die hand dit kan uithou. Vryf goed in die vleis.

Sit in 'n pekelbalie en keer die vleis daagliks 'n week lank om. Hang op om af te droog. Rol dan in saagsels en naai toe in 'n dun doek as die "ham" gebêre moet word. Kyk kort-kort of dit goed jou.