Back To main menu click here
Home

Geurige muffins

Home

Geurige muffins met wortels en muesli

Lewer 12 mediumgrootte muffins

Gesonde veselryke muffins met ´n tikkie speserye. Heerlik met maaskaas of effens versoete geroomde maaskaas.

600 ml Golden Cloud-koekmeel
250 ml grofgerasperde geelwortels
250 ml muesli
20 ml bakpoeier
5 ml sout
60 ml wit- of bruinsuiker
5 ml fyn kaneel
2 ml gerasperde neutmuskaat
250 ml melk
125 ml sonneblomolie
2 eiers
5 ml vanieljegeursel
versiersuiker om oor te stuif

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 12 holtes in 'n standaard-muffinpan goed, asook die bokant van die pan tussen die holtes.
Sit die meel, wortels, muesli, bakpoeier, sout, suiker, kaneel en neutmuskaat in 'n mengbak en roer tot goed gemeng. Maak 'n holte in die middel. Klits die melk, olie, eiers en vanielje saam en voeg by die droë bestanddele. Roer tot net goed gemeng. Skep ewe veel beslag in elke gesmeerde holte.
Bak sowat 25 minute totdat die muffins goudbruin is en 'n toetspen skoon uitkom. Laat ´n paar minute lank in die pan afkoel, maak los, lig versigtig uit en laat op 'n draadrak afkoel.

Wenk
Enige geroosterde muesli kan gebruik word, maar hoe meer neute, hoe beter. Jy kan die muesli ook met gekapte pekanneute of gemengde neute vervang, indien verkies.