Back To main menu click here
Home

Grondboontjiebotterbeskuit

Home

Grondboontjiebotterbeskuit

BESTANDDELE

1,25kg Bruismeel
5ml Sout
15ml Bakpoeier
300g Witsuiker
300g Botter
200g All bran semelontbytgraanvlokkies
100g Ongesoute grondboontjies
2 Ekstra groot eiers
375ml Karringmelk
100ml Yum-Yum smooth grondboontjiebotter

METODE

  1. Voorverhit die oond tot 180° C.
  2. Smeer 'n bakplaat van 31 x 32 cm.
  3. Sif die bruismeel, sout en bakpoeier saam.  Voeg die suiker by en meng.
  4. Vryf die botter met vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
  5. Voeg die graanvlokkies en grondboontjies by en meng.
  6. Klits die eiers, karringmelk en grondboontjiebotter saam en voeg by die meelmengsel. Meng goed deur.
  7. Skep in voorbereide pan en druk gelyk bo-op.
  8. Bak vir ongeveer 30 - 40 minute lank tot gaar en ligbruin.
  9. Sny in vingers en droog uit by 70° C.