Back To main menu click here
Home

Hoender

Home

Hoender-en-noedel-roerbraai

Dié interessante kombinasie van mandaryn, heuning en sojasous gee die vleis 'n besondere geur.

250 - 300 g noedels, gekook volgens aanwysings op pakkie
15 ml kook- of olyfolie
2 tot 3 gedroogde rissies (opsioneel)
2 tot 3 hoenderborsies, ontbeen en ontvel
10 ml balsamiese asyn
1 huisie knoffel, gekneus
100 g gesoute grondbone
6 sprietuie, opgekap
1 groot geelwortel, in repies gesny

Sous
60 ml sojasous
1 blik (sowat 300 g) mandaryn skyfies, fyngemaak
15 ml heuning
10 ml mielieblom
15 ml water

Vir die sous: Meng al die bestanddele van die sous goed saam en hou eenkant.
Verhit die olie in wok of groot pan, voeg die rissies by en soteer vir 'n paar sekondes. Voeg die hoender by en roerbraai tot goudbruin. Roer die asyn by. Haal die hoender en rissies met 'n gaaitjieslepel uit en hou eenkant. Plaas die knoffel, grondbone, sprietuie en wortels in die warm pan. Roerbraai vir sowat 3 minute. Skep die hoender en rissies terug in die pan en voeg die sous by. Verhit tot kookpunt en dien op met noedels.
Genoeg vir vier mense.