Back To main menu click here
Home Up

Hoender

Home
Up

Joghurt Marinade vir Hoender

Wenk:  Baie lekker as dit gebraai word oor die kole en genoeg vir 6 porsies

600 ml Joghurt (enige geur)
1 medium ui - fyn gekap
1 huisie knoffel - gekneus
25ml suurlemoensap
sout + peper na smaak

Metode:

bulletPlaas alle bestanddele in 'n fles en skud goed tot deurgemeng.
bulletPrik hoender met 'n vurk en plaas in 'n bak en giet marinade oor.
bulletMarineer 8 ure of oornag in yskas - draai gereeld om Braai oor lae hitte kole of in die oond.

NOG 'n WENK: As die res van die marinade verhit gaan word om saam met die vleis voorgesit te word, onthou dat joghurt maklik skif op 'n hoë hitte. Roer 'n bietjie mielieblom (5 ml) in die mengsel.

Die joghurtmarinade kan ook vir bees en skaap gebruik word.