Make your own free website on Tripod.com

                                Back To main menu click here
Home Up

Hoendertert

Home
Up

Smulpaap-hoendertert
1 gaar hoender, ontbeen en in blokkies gesny
1 blikkie (430 g) hoendersop
250 ml gaar rys of pasta
125 ml mayonnaise
2 hardgekookte eiers, gekap
1 pak (150 g) hoender- of kaas-en-uie-aartappelskyfies

Stel die oond op 180C. Meng die eerste vyf bestanddele. Skep in 'n oondvaste bak. Hou eenkant. Maak die skyfies fyn. Strooi bo-oor die hoendermengsel in die bak. Plaas in die voorverhitte oond en bak sowat 30 minute.
Sout broodtert

sowat 6 snye korslose witbrood
1 blikkie (340 g) soutbeesvleis
1 gerasperde ui
250 ml gerasperde kaas
30 ml gekapte vars pietersielie
60 ml botter
60 ml koekmeel
500 ml melk
sout en peper na smaak
2 eiers
125 ml melk

Stel die oond op 180C. Voer 'n gesmeerde oondbak met die brood uit. Meng die soutvleis, ui, kaas en pietersielie. Berei 'n witsous van die botter, meel, melk en geurmiddels. Meng die witsous met die soutvleismengsel. Skep die mengsel in die uitgevoerde bak. Klits die eiers en melk saam en giet oor die vleismengsel. Bak sowat 25 tot 30 minute in die voorverhitte oond.

Wenk
Rol die snye brood met 'n koekroller plat as dit te dik is.