Back To main menu click here
Home

Kaas-en-kruiebroodjie

Home

Kaas-en-kruiebroodjie

Gebruik allerhande oorskietkaas vir dié broodjie. Dit kan ook in ongeglasuurde klein terracotta-potjies of as 'n potbrood gebak word.

500 ml bruismeel
1 ml paprika
sout
100 ml margarien of botter
250 ml kaas, gemeng (soos cheddar, mozarella, parmesaan, gorgonzola)
15 ml vars kruie (soos roosmaryn, basielie, pietersielie), gekap
1 groot eier
125 ml melk
30 ml droë wit wyn
10 ml mayonnaise
gerasperde kaas en paprika om bo-oor te sprinkel

Stel die oond op 180°C. Smeer 'n middelslag-broodpannetjieSif bruismeel, paprika en sout saam. Vryf die botter of margarien in tot dit soos fyn krummels lyk. Roer kaas en kruie by. Maak 'n mengsel van geklitste eier, melk, mayonnaise en wyn en klits goed.
Sny eiermengsel in by droë bestanddele en meng goed.
Skep deeg in pannetjie en sprinkel kaas en paprika oor.
Bak sowat 30 minute. Keer broodjie uit en laat afkoel op 'n draadrak