Back To main menu click here
Home Up

Kaasbrood

Home
Up

Bier en Kaasbroodjie

1 botteltjie (blikkie) bier
360g bruismeel
100g kaas (gerasper)
45ml suiker

Metode:

bulletMeng alles saam in 'n mengbak.
bulletGooi beslag in gesmeerde broodpannetjies.
bulletBak by 180° C tot mooi gaar en bruin bo-op.  

Brood met kaas en okkerneut

Die deeg kan ook in 'n voedselverwerker berei word.[1]
450 g (800 ml) bruismeel
15 ml mosterdpoeier
knippie sout
100 g botter, in blokkies gesny
1 pakkie (100 g) okkerneute, grof gekap
200 g sterk gegeurde kaas, gerasper
45 ml gekapte pietersielie/grasuie (chives)
2 eiers
300 ml laevetmelk

Stel oond op 180°C. Smeer of spuit 'n broodpan met nie-klewende kossproei en voer die boom uit met bakpapier.
Sif die bruismeel, mosterdpoeier en sout saam. Vryf die botter met vingerpunte in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
Roer die okkerneute, een derde van die gerasperde kaas en al die pietersielie by.
Klits eiers en melk saam en voeg by droë bestanddele. Meng goed en skep in voorbereide pan. Maak bo-op glad en bak 45 minute of tot gaar. Sprinkel oorblywende kaas oor en bak nog 10 minute tot goudbruin en ferm.