Back To main menu click here
Home

Kamma-burgers

Home

Kamma-burgers

Pleks van die tradisionele maalvleiskoekie het ons sampioene in die rolletjies gesit.

8 groot bruin sampioene
60 g botter
1 huisie knoffel, gekneus
15 ml gekapte vars pietersielie
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
4 broodrolletjies
mosterd
suurlemoensap

Stel die oond op 200°C. Verwyder die sampioene se stingels en hou dit in die yskas om later in sop of slaai te gebruik. Smelt die botter en roer die knoffel en pietersielie by. Smeer die bottermengsel aan albei kante van die sampioene. Geur en plaas met die stingelgedeelte na bo op 'n bakplaat. Bak sowat 20 minute in die voorverhitte oond. Draai een keer om. Haal uit die oond.

Sny die rolletjies in die lengte deur. Druk die binnekant van die rolletjies in die pansappe en smeer dan 'n bietjie mosterd binne-in. Plaas twee sampioene in elke rolletjie en sprinkel 'n bietjie suurlemoensap oor.