Back To main menu click here
Home

Karringmelk Beskuit

Home

Karringmelk Beskuit

250 ml Suiker
2 Eiers
300 ml Karringmelk
1 kg Bruismeel
5 ml Sout
250 g Margarine

Verhit die oond tot 180°C.
Meng die droë bestanddele saam.
Vryf die margarine in die meel in.
Meng alles saam.
Bak vir 1 uur lank.

Ossie se Karringmelk beskuit. 

9 koppies meel

2t kremetart

2t koeksoda

2t bakpoeier

1 opgehoopte t sout

1 koppie suiker

1 eier

500gr botter of margarine

500ml karringmelk of maas(inkomasi)

1 koppie kookolie

1 koppie vrugte(cake mix)

Metode: 

Sif droe bestandele saam.

Vryf botter in tot krumelrig.

Klits eier en suiker saam tot romerig.

Voeg alles by droe bestandele en meng goed.

Sit in gesmeerde oondpan en verspry ewererig oor die bodem van die pan.(sommer die groot swarte wat saam met die oond kom).

Bak vir 40 min teen 180 grade C.

Haal uit oond en laat afkoel.

Gooi uit pan en laat verder koel.

Sny in lang snye soos brood en deel in porsies na wense.

Laat die beskuit vir so drie ure in n lou oond droog.

Nou eet jy jou vingers af, J

CONNIE SE KARRINGMELKBESKUIT

2 kg bruismeel

3k suiker

2t bakpoeier

500gr margarien (gesmelt)

2 x 500 ml karringmelk

4 eiers

Sout

Meng droë bestanddele apart. Smelt botter en meng. Gooi karringmelk laaste by en maak aan. Dis ‘n slapperige deeg. Druk plat in pan en sny in blokke.

Bak by 180C tot ligbruin en gaar.

SORIN SE KARRINGMELKBESKUIT

Meng:

1,5 kg bruismeel

2 t sout

500ml karringmelk

2 eetl asyn

2 eiers geklits

375gr margarien

2 k suiker

Smelt margarien en suiker. Voeg melk asyn en eiers by en knie goed.

Maak bolletjies en bak by 180C vir ± 1 uur.