Back To main menu click here
Home Up

Kebabs

Home
Up

Kruis skyf kebabs

1 kg kruisskyf, in 25 mm-blokkies gesny
8 skaapniertjies (opsioneel)
12 vars piekeluitjies
1 groen soetrissie, ontpit en gekwart

Bedruipmengsel
30 ml kookolie
15 ml suurlemoensap
1 knoffelhuisie, gekneus
3 ml droë of 10 ml gekapte vars origanum

Metode
Berei bedruipmengsel: Meng bestanddele.
Berei vleis: Verwyder membraan en buisgedeelte en halveer niertjies. Ryg vleisblokkies, niertjies, uie en soetrissie afwisselend in op 8 vleispenne. Rooster kebabs sowat 15 minute oor matige warm kole. Draai dikwels om. Bestryk kebabs gereeld met bedruipmengsel. Sit dadelik voor.

8 porsies.

Variasie
Vervang kruisskyf met 1 kg ontbeende varkboud, in 25 mm-blokkies gesny.