Back To main menu click here
Home Up

Koeke

Home
Up
Sjokoladekoek

Suurlemoenkoek

350 g koekmeel
20 ml bakpoeier
250 g margarien
125 g maaskaas
20 ml gerasperde suurlemoenskil
270 g strooisuiker
4 ekstra groot eiers
125 ml melk

Suurlemoenglans:
30 ml suurlemoensap
5 ml gerasperde suurlemoenskil
250 ml versiersuiker
suurlemoenrepies vir garnering

Metode:
Verhit die oond tot 180 grade C. Smeer 22-24 cm tuitpan met Spray and Cook. Sif meel en bakpoeier saam. Klits margarien, maaskaas, sap en skil tot glad.

Voeg suiker by en klits tot romerig. Vou droë bestanddele en melk om die beurt by geroomde mengsel. Skep in goedgesmeerde pan met koekmeel bestrooi en bak vir 50-60 minute.

Laat effens afkoel en keer uit. Vir die suurlemoenglans voeg die sap by versiersuiker en meng goed. Bedruip oor koek terwyl nog warm. Bedien met klein skeppie styfgeklopte room.