Back To main menu click here
Home

Koringroerbrood

Home

Koringroerbrood
5 x 250 ml gaar koringkorrels
6 x 250 ml bruinbroodmeel
2 x 10 g kitssuurdeeg
25 ml sout
60 ml bruinsuiker
125 ml kookolie
1 liter louwarm water

Meng die eerste vier bestanddele in ´n mengbak. Plaas die suiker, olie en water in ´n ander mengbak en roer tot goed gemeng. Voeg dié mengsel by die droë bestanddele en roer goed deur. Skep die deeg in twee gesmeerde pannetjies van 23 cm x 13 cm elk en wat te veel is, in ´n kleiner pan van 10 cm x 21 cm. Laat op ´n warm plek rys tot gelyk met die borand van pan. (Dit duur sowat ´n halfuur; die brood rys ook terwyl dit bak.)

Stel intussen die oond op 200 ºC. Wanneer die deeg gereed is, bak sowat een uur tot gaar in die voorverhitte oond. Die brood is gaar as ´n mens ´n hol klank kry wanneer jy dit onder met die kneukels klop.