Back To main menu click here
Home Up

Koringslaai

Home
Up

Gesonde koringslaai

250 ml rou stampkoring
8 sprietuie, gekap
6 jong spinasieblare, geblansjeer en in repies gesny
300 g Tussers-kaas, in blokkies gesny
1 avokado
15 ml suurlemoensap
2 tamaties, geskil en gekap
90 ml fyn gekapte vars pietersielie
halwe soetrissie, gekap

Slaaisous

150 ml mayonnaise
250 ml suurroom
30 ml suurlemoensap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Kook die stampkoring tot gaar en laat afkoel. Meng die uie, spinasie en kaas liggies saam. Skil en sny die avokado in blokkies. Sprinkel die suurlemoensap oor. Meng al die bestanddele liggies saam. Hou eenkant.
Vir slaaisous: Meng al die bestanddele en giet oor die slaai. Verkoel en dien op saam met knoffelbolletjies en braaivleis.