Back To main menu click here
Home Up

Kreef

Home
Up

Smoorkreef

Maak 'n paar uie bruin en voeg gekookte kreef by in klein stukkies gesny. Gooi 'n bietjie peper en sout oor en die sap van 1 suurlemoen. Sit 'n stukkie botter by en maak alles bruin; skud saggies terwyl dit bruin word. 'n Bietjie rissie kan bygevoeg word. Bedien baie warm met gekookte rys en 'n bietjie blatjang.

 

Knoffelbotterkreef op die kole

gaar kreefstert in die dop
knoffelbotter
sout en peper

Sny of knip die kreefstert van die rugkant af in die lengte deur. Haal dermpie uit, skroei die vleiskant vinnig op die kole, draai om, smeer knoffelbotter en laat stadig warm word tot knoffelbotter alles ingetrek het.