Back To main menu click here
Home

Kweperkonfyt

Home

Kweperkonfyt

3 kg kwepers
2,5 kg suiker
15 ml sout
5 liter water

M e t o d e
Was die kwepers. Skil en ontpit en hou die pitte en skille eenkant. Los die sout in die water op. Snipper die kwepers en laat lê in die soutoplossing om verkleuring te voorkom. Bedek die skille en pitte met genoeg water - sodat jy twee liter vloeistof daaruit kan kry - en kook tot lymerig. Syg deur ´n sif. Voeg die snippers by 2 liter van die water en kook tot sag.

Voeg die suiker by en roer tot opgelos. Laat look vinnig vir 45 minute; roer gereeld. Wanneer die konfyt pienk van kleur is, toets of dit jellie-agtig of semi-gestol is.

Om te toets: Haal die konfyt van die stoofplaat af. Skep 5 ml tot 10 ml in ´n piering. Op hierdie manier sal jy gou sien of dit die regte tekstuur het.

Sodra die konfyt reg is, kan dit in gesteriliseerde flessies geskep word. Laat afkoel, bedek met ronde stukkies waspapier wat in brandewyn gedoop is, en verseël.

W e n k e

·  Konfytflesse kan ook met aluminiumfoelie of ´n lagie was verseël word.

·  Bêre die orige vloeistof waarin vrugte soos perskes, appels, appelkose en kwepers gekook is, in die yskas. Gebruik dit as bedruipsous saam met braaigeregte.

·  Die sukses van ingelegde vrugte of konfyt lê in die gebruik van vars en gesonde vrugte.

·  Pak die vrugte netjies dog stewig in die bottels en sorg dat die bottels goed verseël is.