Back To main menu click here
Home

Ligte etes

Home

Worsie en Kaasrol

Kors
500 ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 g botter of margarien
150 ml melk
Vulsel
250 g Weense worsies grof gerasper
500 ml gerasperde kaas
50 ml botter of margarien
1 uitjie fyn gekap
7 ml worcestersous
7 ml aangemaakte mosterd
1 eiergeel en 25 ml melk saam geklits
vars gekapte pietersielie en ander kruie

Metode:

bulletVerhit die oond tot 200c. Smeer 'n bakplaat.
bulletSif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter liggies met die vingertoppe in die meelmengsel in tot goed gemeng.
bulletSny die melk met 'n slaplemmes in die meelmengsel in terwyl dit geleidelik in 'n straaltjie bygevoeg word; 'n taamlike stywe deeg moet ontstaan.
bulletRol die deeg op 'n meelbestrooide deegplank uit in 'n reghoek van 35x27 cm.
bulletMeng die weense worsies, kaas, botter, uitjie, worcestersous en mosterd goed saam. Smeer die mengsel ewe dik oor die deeg.
bulletRol dit soos 'n rolkoek van een kort sy af met die vulsel tussenin.
bulletPlaas die rol op die bakplaat. Sny die rol in dunnerige skywe met 'n skerp mes, maar moenie die rol tot onder deur sny nie, die boom moet heel bly.
bulletTrek die skywe effens uitmekaar. 
bulletVerf eiermelk bo-oor.
bulletBak die rol 20 minute tot ligbruin en gaar en sprinkel dan die kruie oor.