Make your own free website on Tripod.com

                                Back To main menu click here

AARTAPPEL MAALVLEISDIS 

Maak maalvleis aan soos vir frikkadelle
Voer n diep oondskottel met maalvleis uit (soos n tertkors)
Plaas gekookte blokkies aartappels in rou vleiskors
Maak n wit kaassous
Giet bo-oor aartappels
C 45
Bak by 180 min tot gaar
Bedien met ertjies en slaai

 

PANKOS

 

500 g Gemaalde vleis
1 Teelepel sout
Peper
Meng en vorm 12 frikkadelletjies
1 Eetlepel botter & 1 Eetlepel olie - vir braai
Koppie gekapte groenrissie
2 Eetlepels gekapte seldery
1 Klein ui gekap
1 Koppie rys
1 Blokkie hoenderekstrak opgelos in 3 koppies kookwater
 

Metode:

Verbruin frikkadelletjies in botter & olie mengsel oor lae hitte
Voeg dan rissie, seldery & ui by en braai 5 minute langer
Voeg rys en ekstrak by
Bring tot kookpunt: Bedek en prut oor lae hitte
Roer af en toe
Na 20 minute, toets of rys sag is en of vloeistof geabsorbeer is
 

Variasie:

By stap 3 (rys en ekstrak) voeg skywe kool bo-op rys
Genoeg vir 4 persone

Bobotie

1 Dik sny witbrood
250 ml Melk
1 Groot ui fyn gekap of rasper
25 ml Olie
37,5 ml Suurlemoen
10 ml Kerriepoeier
5 ml Suiker
5 ml Sout
'n Knypie peper
500 g Gemaalde skaap of beesvleis
2 Eiers
12,5 ml Blatjan
3 Vars suurlemoenblare

Maak die maalvleis effens gaar (kook in water en braai 'n bietjie). Verhit die oond tot 180 C. Week die brood in die melk. Braai die uie in olie tot effens bruin. Meng die suurlemoen, kerrie, suiker, peper, sout en roer dit by die uie. Druk die meeste van die melk uit die brood. Hou die melk wat jy afgooi, en sit 100ml van dit apart vir heel laaste.

Voeg die brood by die uie mengsel en sit die vleis, 1 eier en orige melk by die uie en meng dit. Voeg die blatjan by en laat die mengsel 'n rukkie kook, terwyl jy dit roer.

Smeer 'n oondpan en bak die mengsel vir 'n paar minute. Klits die oorblywende eier en 100 ml melk. Gooi dit oor die bobotie. Sit die suurlemoen blare bo-op en bak vir 30 minute.

Vleispastei met skilferdeeg

1 kg Beenlose dunlies in 25 mm blokkies gesny (shoft shin, of maalvleis)
30 ml Kookolie (Helfte olyf en helfte kookolie)
1 Ui fyn gekap
10 ml Sout
10 ml Paprika
Vars gemaalde swartpeper na smaak
10 ml Vars gekapte kruie (Basil, pietersielie, ens)
300 ml Vleisaftreksel
3 Wortels, in blokkies gesny
30 ml Koekmeelblom
400 g Bevrore skilferdeeg
(Die volgende is addisioneel vir Cornish: aartappels, mielies, ertjies.)

METODE
Soteer uie tot deurskynend in olie. Braai vleis tot bruin, geur vleis met sout, paprika, peper en kruie. Verhit aftreksel en voeg by vleis. Verminder hitte bedek en prut vir 1 tot vleis sag is. Voeg wortels 20 minute voor die einde van die gaarmaaktyd by. (Addisioneel vir Cornish). Verdik sous met 'n pasta van koekmeelblom en water. Skep on 'n plastieskottel, en laat afkoel. Plaas 'n pasteitregter in die middel van die skottel. Rol deeg 5 mm dik uit en bedek vleis. Maak 'n sny in die deeg, borsel 'n bietjie melk en eier wat saamgeklop is bo-oor en bak by 200C vir 20 minute of tot goudbruin.
Jy kan ook die deeg uitrol, en op 'n gespeerde bakplaat/skottel sit. Skep lepels van die vleis in die pastei (afhangend van grootte van die pastei. Druk die kante vena die pastei met 'n vurk vas. Glans die bastei met 'n gelklitste eier, as jy dit net blik wil maakk, gebruik net die eierwit. Bak tot die deeg gaar is. Indien jy dit wil vries, maak jou pastei, vries dit. Laat ontdooi teen kamertemperatuur. Glans en maak dit dan gaar voor jy dit opdien.

Griekse filopastei
'n Lekker groot pastei vir ses tot agt mense.

500 g tot 600 g eiervrugte (sowat 2)
sout om oor te strooi
85 ml olyfolie
2 groot uie, fyn gekap
3 huisies knoffel, gekneus
2,5 ml sout
1,2 ml elk vars gemaalde swartpeper,
fyn kaneel en fyn neut
5 ml strooisuiker
850 g gemaalde lam- of beesvleis
15 ml tamatiepuree
230 ml koue water
1 ekstra groot eier
150 ml suurroom
15 ml vars gekapte pietersielie
15 velle filodeeg
60 g botter, gesmelt

Sny die eiervrugte in skywe van 6 mm en bestrooi met sout. Plaas in 'n vergiettes en laat staan sowat 1 uur. Spoel af en druk droog met kombuispapier.
Verhit 15 ml van die olyfolie in 'n pan en soteer die uie en knoffel tot sag en net deurskynend. Roer die sout, swartpeper, kaneel, neut en strooisuiker by. Haal van stoof af en hou eenkant.
Verhit 'n bietjie van die oorblywende olie in 'n swaarboompan en verbruin die vleis stadig. Voeg die uie-knoffelmengsel, tamatiepuree en water by. Laat kook, roer gedurig. Verlaag die hitte en laat prut sowat 30 minute terwyl jy die mengsel af en toe roer tot dit verdik.
Stel die oond op rooster. Smeer die eiervrug-skywe met die oorblywende olyfolie en plaas 'n paar op 'n keer op 'n gesmeerde bakplaat en rooster albei kante tot goudbruin.
Stel oond op 200C. Meng die eier, suurroom en pietersielie en hou eenkant. Smeer elke vel filodeeg met gesmelte botter. Voer 'n gesmeerde veerkniplosboompan (wat sowat 24 cm in deursnee is) met die deeg uit. Maak seker dat daar nie openings is nie; die deeg moet oor die kante hang.
Skep een derde van die vleismengsel op die boom en dan 'n bietjie van die suurroom-mengsel bo-oor. Plaas die helfte van die eiervrugrepe bo-op en skep weer van die suurroom-mengsel bo-oor. Gaan so verder en eindig met 'n laag vleis heel bo.
Vou die oorhangende deegvelle terug oor die vleis nie te styf nie sodat jy 'n opening in die middel het (sien foto). Bestryk met die gesmelte botter, bedek die opening in die middel met aluminiumfoelie en bak sowat 25 minute in die voorverhitte oond.
Haal uit, maak die veerknip los en plaas die pastei sowat 10 minute weer in die oond sodat die kante kan verbruin.
Dien op met slaai.

VLEIS SKONS (BAIE LEKKER RATS SOUTHAPPIE )

2 Eiers
                                                   
1 Koppie Melk (100 - 250 ml)
1 Koppie meel (250 ml)
2 Teelepels Bakpoeier (10 ml)
koppie olie ( 125 ml)
tee lepel sout (2,5 ml)
Gaar maalvleis met geurmiddels

METODE
Klits eiers, melk en olie saam.
Sif dro bestandele saam en voeg by. Klits deeglik.
Indien deeg te styf voeg nog bietjie melk by.
Skep een teelepel (5 ml) deeg in kolwynpannetjies en dan
een
teelepel (5 ml) gemaalde vlei en dan weer 1 teelepel (5 ml)
deeg.
Bak by 180 grade tot goudbrui.

Gebruik klein kolwynpannetjies vir 'n southappie en
groter pannetjies vir 'n maaltyd.

Maagbomme

 

Vulsel:

450g gemaalde vleis
2 groot tamaties se pitte
5 ml sojasous
sout en peper na smaak

Druk pitte van tamaties in maalvleis. Voeg sojasous, sout en peper na smaak by en werk goed deur. Vorm klein balletjies van die vleis, omtrent so groot soos 'n okkerneut, en doop dit in beslagdeeg. Diepbraai in olie tot goudbruin. Dien dadelik op.

Beslag:

2 eiers
250 ml meelblom
knippie sout
5 ml bakpoeier
125 ml melk
125 ml water

Klits eiers, melk, sout en water saam. Voeg meelblom en bakpoeier by. Klits deeglik tot deeg so dik soos dik pannekoekbeslag is.

 

Maalvleis met keker-ertjies
2 ml fyn gemmer
5 ml borrie
5 ml jeera (fyn komyn)
5 ml masala
5 ml koljander
10 ml kookolie
2 huisies knoffel, gekneus
2 uie, gekap
1 klein groen brandrissie, ontpit en gekap
500 g beesmaalvleis
2 blikkies (2 x 400 g) kekerertjies (chick peas)
1 blikkie (400 g) heel tamaties, gekap
10 ml suiker
sout en swartpeper na smaak

M e t o d e
Verhit n swaarboompan. (Die pan moet nie te warm wees nie.) Soteer die gemmer, borrie, jeera, masala en koljander sowat 2 minute. Voeg die olie by en soteer die knoffel, uie en rissie tot die uie deurskynend is. Voeg die maalvleis by en roer met n vurk tot die vleis gaar is. Dreineer die keker-ertjies en voeg saam met die res van die bestanddele by die maalvleismengsel. Laat sowat 30 minute stadig prut. Voeg vloeistof by, indien nodig. Dien op met koes-koes of rys.

W e n k
Gedroogde keker-ertjies kan ook gebruik word. Week dit dan eers oornag in water.

Herderspastei
30 ml kookolie
1 huisie knoffel, gekneus
2 uie, gekap
1 kg beesmaalvleis
15 ml koekmeel
3 wortels, gerasper
1 beesvleisaftrekselblokkie, opgelos in 400 ml kookwater
20 ml Worcestersous
20 ml tamatiesous
knippie fyn kruienaeltjies
sout en swartpeper na smaak
15 ml gekapte vars pietersielie

B o l a a g
1 kg aartappels, geskil
45 ml botter
125 ml warm melk
neut, sout en peper na smaak
100 g sterk gegeurde kaas, gerasper

M e t o d e
Verhit die olie in n swaarboompan en soteer die knoffel en uie. Voeg die maalvleis by en roerbraai sowat 5 minute. Roer die meel by. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die sout, peper en pietersielie, by. Laat prut sowat 5 minute. Geur met die sout, peper en pietersielie. Skep in n gesmeerde oondbak en hou eenkant.

V i r d i e b o l a a g:
Stel die oond op 180 C. Kook die aartappels tot sag. Dreineer en maak fyn. Plaas die kastrol terug op die stoof. Voeg die botter by en meng goed oor lae hitte. Voeg die melk geleidelik by en roer goed deur. Geur. Skep die fyn aartappels bo-op die vleismengsel in die oondbak. Strooi die kaas bo-oor. Bak sowat 20 tot 30 minute in die voorverhitte oond tot goudbruin.