Back To main menu click here
Home Up

Maalvleis

Home
Up

Kerriefrikkadelle

Bestanddele:
1/2kg maalvleis
1 eetlepel asyn
1 of twee eiers
1 dik sny brood, in warm melk geweek
1 teelepel bruinsuiker
sout, peper neutmuskaat
1 fyngekapte ui
2 teelepels kerriepoeier

Metode:
Meng al die genoemde bestanddele goed saam. Sny een groot ui in skywe en plaas met een klein koppie water in kastrol. Verhit tot kookpunt. Voeg by 2 teelepels kerriepoeier, 1 teelepel suiker, 1 eetlepel asyn, 'n paar koljanderkorrels. Plaas vleis wat in bolletjies gerol is, in hierdie sous. Laat stadig kook to frikkadelle gaar is. Plaas vleis in opdienbak, maak sous dik met 'n bietjie meelblom en gooi oor frikkadelle. Dien op met rys.