Back To main menu click here
Home

Mostert

Home

n Klompie wenke

·  Maak mosterd aan soos wat jy dit nodig het, om te verseker dat dit altyd vars is. Maak só: plaas 30 ml mosterdpoeier in ´n bakkie. Voeg 5 ml water op ´n keer by en maak aan tot ´n gladde pasta. Laat 10 tot 15 minute staan om die geur te laat ontwikkel.

·  Mosterdpoeier kan met ´n bietjie suurlemoensap gemeng word vir geur.

·  Voeg ´n bietjie sout by mosterd om dit langer te laat hou.

·  Vir ´n vinnige mosterdsous by ham of gestoomde vis: berei ´n witsous en voeg 30 ml tot 60 ml aangemaakte mosterd by.

·  Om mosterdbotter te maak: meng sagte botter met ´n paar lepels aangemaakte mosterd.


Het jy geweet?  

·  Mosterd is ´n smaakmiddel wat van mosterdsade (Sinapsis alba) gemaak word. Die sade (bruin, geel, wit en swart) is heel of gemaal beskikbaar en word gebruik vir suurtjies, souse en geur omdat dit ´n baie skerp smaak het. Só gee gemaalde mosterdsade ´n wonderlike geur aan groente, veral kool en seldery, terwyl dit ook gerus by kaas- en roomsouse, asook mayonnaise, gevoeg kan word. Geur ook varkvleis, kalfsvleis, niertjies en vis met mosterd.

·  Hitte vernietig die besondere smaak van mosterd. Om te sorg dat die geur nie verlore gaan nie, voeg mosterd teen die einde van die kookproses by.

·  Dijon-mosterd is ´n baie sterk mosterd wat in die Franse stadjie Dijon ontwikkel is. Dit is dié soort, naas die heelkorrelsoorte, wat die meeste in die kookkuns gebruik word.