Back To main menu click here
Home Up

Potbrood

Home
Up

 

POTBROOD

BESTANDDELE:

Volkoringmeel, 6 koppies.
Koekmeel, 3 koppies.
1 Koevertjie droë gis.
Suiker, 20ml.
Sout, 10ml.
Kookolie, 60ml.
Asyn, 20ml.
Sonneblomsaad, 1 koppie.
Lou-warm Water, 700ml.
METODE:
Meng die droë bestanddele saam, en voeg die asyn en genoeg lou-warm water by, om 'n slap deeg te vorm wat aan jou hande vaskleef. Voorverhit oond tot 80 grade Celsius.
Smeer 'n groterige platboom ysterpot goed met die olie, die binnekant van die deksel ook. Plaas die deeg in die pot, en sit die pot in die oond vir 25 minute om te rys.

Haal nou die pot uit, en verhit die oond tot 180 grade. Bak nou vir een uur. As sy hom daar uithaal, sal haar skoonma dink sy is die wonderlikste mens op aarde.

As alternatief sit jy die pot op 'n paar kole by jou vuur, en pak ook 'n paar kooltjies op die deksel. Bak vir 'n uur, maar kyk gereëld of die kooltjies nog hou. Pasop vir te veel kole.

Potbrood (2)

375 ml louwarm water

15 ml suiker

30 ml botter

10,5 ml korrelgis

6 x 250 ml meel

10,5 ml sout

 

Metode:

·         Meng water, suiker en gis in bakkie met deksel en maak warm toe.

·         Laat staan tot die mengsel good skuim.

·         Sif meel, sout saam in 'n groot mengbak.

·         Voeg gismengsel by meel en genoeg louwarm water by en knie goed.

·         Bedek met 'n bottergesmeerde plastiek.

·         Maak deeg warm toe met kombers.  

·         Laat vir 1 uur op warm plek staan om te rys.

·         Wanneer dubbel gerys het, voeg botter by en knie deeglik af.

·       Vorm 'n rondebrood en plaas in gesmeerde swart platboompot.

·       Plaas gesmeerde plastiek bo-op deeg, dan die deksel.

·         Maak weer warm toe en laat weer vir 1 uur lank rys tot dubbel.

·         Stel intussen die oond op 200 °.

·         Haal die plastiek af, sit dan gesmeerde deksel op.

·         Bak brood in  vooraf verhitte oond vir 1 uur.

·         Haal uit, plaas op tafeldoek en smeer die hele brood met botter.

·         Maak die brood dan toe en laat vir 'n ruk toe staam.

·         Wanneer koud sit in plastieksak.