Back To main menu click here
Home

PAASBOLLETJIES

Home

PAASBOLLETJIES (1)

1/2 koppie melk
1-1/2 teelepel vinnige rys suurdeeg
1-1/2 eetlepel bruin suiker, opgehoop
1/2 teelepel kaneel
1/4 teelepel neutmuskaat
1/8 teelepel gemengde speserye
1/4 teelepel naeltjies
3 koppies gewone meel, voeg ekstra by soos nodig
1/4 teelepel sout (opsioneel)
1-1/2 eetlepel ongesoute botter, sag
2 eiers, kamer temperatuur, 1 liggies geklits
1/4 koppie korente of rosyntjies
1 teelepel water
1/4 koppie plus 2 eetlepels bakkers-suiker
2 teelepels room
1/3 koppie aarbei stukke

Sit die melk in 'n swaar pan op medium hoë hitte. Wanneer die melk begin kook, haal die pan af. Sit dit eenkant en laat dit afkoel tot 46-49šC. Meng die suurdeeg in. Laat dit staan vir 5 minute sodat die suurdeeg kan aktiveer. Meng die volgende 5 bestanddele en 1 koppie meel in 'n groot bak. Meng die suurdeeg mengsel in by die droë mengsel en roer goed. Maak die bak toe en plaas dit in 'n warm windlose area om te rys, vir 1 uur of tot wanneer dit in grote verdubbel het.

Meng die sout, sagte botter, 1 eier, korente en oorblywende meel in die deeg in. Knie die deeg op 'n werks area (liggies met meel besprinkel) tot dit baie glad is, voeg ekstra meel by indien nodig. Deel deeg in 12 stukke. Druk elke stuk in die vorm van 'n bolletjie. Plaas bolletjies omtrent 2,5cm apart op 'n gebotterde bakplaat. Maak dit toe en plaas dit in 'n warm windlose area om te rys, vir 1 uur of tot wanneer dit in grote verdubbel het.

Verhit die oond tot 204šC. Gebruik 'n skerp mes of lem om 'n kruis (nie te diep nie) in elke bolletjie te sny. Klits die oorblywende eier met water in 'n bak. Verf die bolletjies met eier verglansel. Bak dit 15 minute of tot wanneer die bolletjies bruin is bo-op. Haal die bolletjies van die bakplaat af en sit dit nou op 'n rakkie om af te koel. Meng die bakkers-suiker en room. Voeg meer room by as die mengsel te droog is. Gooi die bakkers-suiker verglansel liggies oor die kruis op die bolletjies. Bedien met aarbei stukke.

Hierdie resep bedien 12 mense. Omdat hierdie resep vir 'n spesifieke grootte pan is, sal die vermeerdering slegs werk in veelvoude van 12.

Paasbolletjies (2)

Gerasperde skil van 1 suurlemoen
5 ml elk gemaalde kaneel en gemengde speserye
3 ml gemmer
100 ml elk korente en rosyne

Deeg vir kruise: Die deeg moet nie té pap wees nie. Indien wel, voeg nog 'n bietjie koekmeel by.
200 ml koekmeel
2,5 ml sout
140 ml melk
45 ml kookolie

glaseersel
100 ml versiersuiker
45 ml melk

Maak die basiese resep: Meng éérs die droë bestanddele saam en voeg die bestanddele vir die paasbolletjies (nie kruise nie) by. Voeg dan die botter, melk en eier by. Knie sowat 10 minute met die hand of gebruik 'n voedselverwerker of kniehaak op medium spoed totdat die deeg glad en elasties is.
Vorm deeg in 'n bol en plaas in 'n bak wat met olie gesmeer is.
Bedek met kleefplastiek en laat rys op 'n warm plek tot dubbel die volume (sowat een uur*).
Knie af en maak bolletjies. Plaas op voorbereide bakplaat en laat weer rys tot dieselfde volume. Stel oond intussen op 190°C.
Maak deeg vir kruise en gebruik 'n spuitsak om kruise op gerysde bolletjies aan te bring.
Bak sowat 15 - 20 minute (in waaieroond).
Maak intussen die glaseersel: Verhit die versiersuiker en melk in 'n kastrol. Roer aanhoudend tot kookpunt. Laat drie minute lank kook. Bestryk die warm bolletjies met die glaseersel. Laat op 'n draadrak afkoel. Sny in die helfte en smeer met botter. Die paasbolletjies is op hul beste as dit warm geëet word.
Lewer sowat 20 paasbolletjies.