Back To main menu click here
Home

Pampoenmuffins

Home

Judy se pampoenmuffins
2 koppies gaar pampoen (as dit oorskietpampoen is, is suiker en botter nie nodig nie); kwart koppie bruinsuiker; 1 eetlepel gesmelte botter; 2 eiers; ½ koppie koekvrugte (opsioneel); 1 koppie Nutty Wheat-meel; 1ø teelepel bakpoeier; ½ teelepel kaneel; ½ teelepel sout; &DFSF;1 4 teelepel koeksoda; kaneelsuiker of karamelsous.

Meng die pampoen, suiker, botter en eiers goed saam. Roer die gemengde koekvrugte by. Voeg die meel, bakpoeier, kaneel, sout en koeksoda by, meng en skep die beslag in muffinpanne of nog kleiner pannetjies. Bak 12 tot 15 minute by 180 ºC tot gaar. Sit voor met kaneelsuiker of karamelsous.

Lewer 2 dosyn groot muffins of 4 dosyn klein muffins