Back To main menu click here
Home Up

Perlemoen

Home
Up

Perlemoen in foelie

heel perlemoen
foelie
gerasperde cheddarkaas
bykin, sampioene en botter
suurlemoen
chilli-Fondor

Bou 'n toring, wat binne hol is, van 'n stuk foelie. Sit die heel perlemoen, steelkant onder, op 'n klont botter onder in die kelderverdieping. Nou suurlemoen en chilli-Fondor. Dan kaas, sampioene en nog botter. Heel bo - die bykin. Maak die toring bo toe, soos hulle die graansilo's toemaak as hulle vol is daar op Malmesbury waar Trix Pienaar Swartland se houlwhiet stukkend byt. Sit hom met respek in 'n oond of in 'n platboompot met 'n deksel of oor 'n baie stadige vuur. Los doodstil tot jy dink die bykinvelletjies bo-op is nou gaar. Dan is daardie perlemoentjie ook maar gaar.