Back To main menu click here
Home Up

PRIMARIB

Home
Up

PRIMARIB MET JOGHURTMARINADE

1,5 tot 2 kg ontbeende primarib, sirloin of kruisskyf (rump)

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 

Marinade

250 ml natuurlike joghurt
15 ml gekapte pietersielie
30 ml gekapte grasuie/ui
10 ml aangemaakte Franse mosterd
125 ml vars lemoensap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

METODE

Meng marinadebestanddelle, giet oor vleis en marineer vir 4 uur in yskas. Verwyder vleis en behou marinade. Sprinkel sout en peper oor vleis. Plaas vleis op die rak van 'n oondbraaipan met die vetkant na bo. Rooster by 160 C vir:
Lig gaar: 15 tot 20 minute per 500 g plus 'n ekstra 15 minute
Medium gaar: 20 tot 25 minute per 500 g plus 'n ekstra 20 minute
Bestryk vleis gereeld met marinade terwyl vleis gerooster word.
(6 porsies)