Back To main menu click here
Home

Pynappelbier

Home

Pynappelbier    

Ek neem gewoonlik sommer die skil van een pynappel en gooi so 3 liter warm water daaroor. Dan versoet ek dit na smaak. Ek maak dit gewoonlik taamlik soet, want dit is soos ons daarvan hou. Jy proe maar tot dit soet ge-noeg is. So kan jy dan bepaal wat die hoeveelheid suiker gaan wees wat jy gaan byvoeg. Dan laat 'n mens dit gewoon-lik vir sowat 3 dae staan sodat dit nou kan gis.
Ek versnel
die proses gewoonlik deur so 'n halfteelepel kitsgis oor te strooi. Dan is dit sommer binne 'n dag gereed om te drink.

Gooi dit dan af van die skille, plaas in yskas om koud te word,en drink dit en geniet dit!!!

PYNAPPELBIER 2

Neem die skil van een pynappel en gooi 3 liter warm water daaroor. Versoet dit na smaak. Laat dit vir sowat 3 dae staan sodat dit kan gis. Versnel die proses deur 'n halwe teelepel kitsgis oor te strooi. Gooi die sapaf van die skille, plaas dit in die yskas om koud te word, en geniet dit !