Back To main menu click here
Home Up

Raap-en-skraap-boereworspot

Home
Up

Raap-en-skraap-boereworspot

30 ml olyfolie
1 kg boerewors (bees of vark of soos verkies)
30 ml botter
2 medium uie, in ringe gesny
2 huisies knoffel, gekneus
6 geelwortels, geskraap en in repies gesny
15 ml koekmeel
600 ml beesvleisaftreksel
30 ml rooi wyn
10 ml tamatiepuree
7,5 ml mosterdpoeier
'n skeutjie Worcestersous                                5 ml gedroogde tiemie
vars gekapte pietersielie

Verhit olie in 'n groot pan of pot en braai vleis daarin vir sowat 10 minute. Lig uit en hou eenkant op kombuispapier.
Plaas helfte van botter, ál die uie, knoffel en wortels in die pot. Kook vir vyf minute oor medium hitte en gebruik 'n houtlepel om die boom van die pot liggies te skraap sodat alle stukkies gebraaide vleis met die groente meng.
Roer meel by en prut sowat 'n minuut. Voeg die aftreksel geleidelik by en dan die res van die bestanddele — behalwe die pietersielie.
Prut vir vier tot vyf minute. Skep wors terug in pan en prut 'n verdere 10 minute.
Indien nodig, verdik sous met 'n pasta van koekmeel en botter (dan maak dit nie klonte nie).
Sprinkel pietersielie oor en sit voor met pasta of aartappels.