Make your own free website on Tripod.com

                                Back To main menu click here

KLEIN KAROO ROOSTERKOEK


Hiedie is die stapelvoedsel van die meeste mense in die KLEIN KAROO waar ek grootgeword het. Onlangs was ek weemoedig bly om hom na baie jare raak te loop by 'n stalletjie by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Baie strategies was dit direk langs die Brandewyn Stigting se stalletjie, en ook simbolies, want in Barrydale se wÍreld weet die manne van brandewyn stook.

BESTANDDELE:

Broodmeel, 1kg.
DroŽ gis, 10ml.
Heuning, 10ml.
Sout, 10ml.
Olie, 15ml.
Lou-warm water, 750ml.

METODE:

Los gis en heuning op in 250ml lou water, en voeg 15ml meel by. Laat staan op 'n warm plek totdat skuimerig is. Sif res van meel en sout saam. Voeg suurdeeg by, knie goed en voeg res van warm water by. Voeg olie by en knie weer. Bedek met 'n klam doek, en laat op 'n warm plek om te rys.

Knie weer, rol uit (1-2cm dik) en sny in koeke. Laat rys en braai oor kole.

Eet met botter en appelkooskonfyt, en dink terug aan jou kinderjare toe jy dit skelm saam met jou bruin vriende by hul huise gaan eet het, en jou ma amper die horries gekry het!