Back To main menu click here
Home Up

Rosynebrood

Home
Up

 

Kits-Rosynebrood

('n heerlike afwisseling vir die skooltoebroodjie)

Stel oond op 180 grade

1 pakkie (500g) bruismeel )
2 gelykteelepels bakpoeier ) (sif saam)
1 pakkie (250g) pitlose rosyne
1 pakkie (500 ml) karringmelk
1 eetlepel suiker
knippie sout

Metode:

bulletMeng alles saam. 
bulletSkep in 'n gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur. 
bulletKeer uit op draadrakkie om af te koel.

Wenk:

Skud die karringmelkkartonnetjie met 'n klein bietjie (baie min) melk uit om van al die karringmelk wat so vaskleef, gebruik te maak en skud die kartonnetjie goed uit.

Bak gerus twee broodjies op 'n slag (om die oond te benut) en gee een as geskenk!

Hierdie broodjie is baie lekker wanneer dit nog heeltemal vars is. Soos met alle kitsbroodjies, is dit hier teen die tweede dag nie meer so lekker