Back To main menu click here
Home Up

Salm Steak

Home
Up

Salm Steak met heuning en Sesamsaad

Hierdie resep is een wat ek 'n bietjie verander het, van iets wat een slag in 'n restaurant geëet het. Dis iets anders, en ons eet dit gereeld by die huis, en ek hoop almal sal dit net so baie geniet soos ek. Die resep is vir 2 mense bedoel, maar kan net meer gemaak word afhangende van die hoeveelheid gaste.

Bestanddele:

2 Salm Steaks
1/4 koppie heuning
1/8 teelepel droë mosterd of 1/2 teelepel reeds gemaakte mosterdvan jou keuse
1/4 teelepel vars gerasperde gemmer of 1/8 teelepel droë gemmer
(volgens smaak)
sap van een suurlemoen
1/2 teelepel vars gerasperde suurlemoen skil
Sesamsaad
vars of droë pietersielie

Aanwysings:
Verhit die oond tot 165?C.

Smeer 'n oondbak met botter, en plaas dan albei steaks langs mekaar in die bak.

Meng die heuning, mosterd, gemmer en suurlemoen. Smeer of gooi dit oor die steaks. Sprinkel dan die sesamsaad bo oor en versier dit met die pietersielie.

Maak die bak toe met foelie en bak dit vir 15 minute teen 165?C. Haal dan die foelie af en bak dit vir 'n verdere 10 minute of totdat dit skilferig lyk. Dit moet bruinerig gebraai wees, maar nog steeds sappig.

Bedien dit met aspersies of die groentes van jou keuse en 'n pilaf rys.