Back To main menu click here
Home

Sampioengebak

Home

Sampioen-en-aartappelgebak

'n Vullende gereg waarvan vegetariërs baie sal hou.

90 ml olyfolie
900 g baba-aartappels, in kwarte gesny
3 middelslag-uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
500 g gemengde sampioene, in skyfies gesny
100 ml tamatiepasta
10 ml vars tiemie
300 ml wit wyn
300 ml hoenderaftreksel
250 ml dik room
400 g murgpampoentjies, in ringe gesny
375 ml gerasperde sterk kaas
250 ml gerasperde parmesaan
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
300 ml Griekse jogurt
2 ekstra groot eiers, geklits
vars pietersielie en tiemie vir garnering

Stel die oond op 200°C. Giet 60 ml van die 90 ml olie in 'n groot oondpan. Plaas die aartappels daarin en bak sowat 40 minute tot gaar en goudbruin in die voorverhitte oond.

Verhit die res van die olyfolie in 'n groot swaarboompan. Soteer die uie sowat 10 minute tot sag. Voeg die knoffel en sampioene by en braai 5 minute oor hoë hitte. Voeg die tamatiepasta, tiemie en wyn by. Bring tot kookpunt. Laat prut 2 minute. Voeg die aftreksel en room by. Laat weer

 opkook. Laat prut 20 minute tot die vloeistof verminder het en stroperig lyk. Giet in 'n oondbak van sowat 2,3 liter. Skep die aartappels en murgpampoentjies by. Strooi die kaas en die helfte van die parmesaan oor. Geur goed.

Meng die jogurt met die geklitste eiers en geur. Skep lepelsvol oor die groente en strooi die res van die parmesaan bo-oor. Bak 30 tot 35 minute tot goudbruin en borrelend in die voorverhitte oond.


Wenke
Indien verkies, kan dié gereg ongebak gevries word. Laat oornag ontdooi en bak by dieselfde temperatuur, net 10 minute langer
Sit voor met braaivleis.