Back To main menu click here
Home

Seekos

Home
CALAMARI
KAMMA KREEF
Kreef
Perlemoen
Seekosslaai
Seekossosatie 
Snoekkuite
Avokado- en salm
Galjoen
K A B E L J O U
Kerrievis
KITS VISGEREG
Salm Steak
STOKVISGEREG
Stokvis op lensies
STOKVIS SICILIAANS
Tuna Tert
Visfrikkadel
Vispilau
VIS-EN-GROENBONEGEREG
VISRESEPPIE
VISVOORGEREG
Visgeregte

Gestoofde wit mossels

Was alle sand baie versigtig af voor die mossels gekook word. Haal uit die skulpe en verwyder die baard. Gooi die vloeistof waarin dit gekook is af en neem ewe veel melk by. Voeg neut, peper en sout by. Voeg die mossels by, kook op en maak dik met fynmeel. Net voordat dit van die vuur afgehaal word, voeg 'n klont botter en 'n bietjie wit wyn by. 'n Bietjie room daarby maak dit nog lekkerder. 

'n Hors de Worsie langs die see

swartmossel
periwinkles
alikruk
witmossel                  
slęks
perdekuile
suurlemoen, bietjie manganaise, sout en peper

Sit die swartmossel en die witmossel op hulle sye op die rooster. Die res van die skulpkos word met hulle openinge na bo gerangskik sodat hulle in hulle eie sous kan simmereer. Wanneer die mossels oopmaak, is hulle ook omtrent al reg. Sodra die wulk en alikruk uit die skulpe geskud kan word, is hulle ook reg. Haal die dermpies as en eet die mossels saam met geurmiddels. As 'n mens natuurlik eers seker gemaak het watter beperkings die wet op die versamel van seegoed plaas...