Back To main menu click here
Home Up

Seekosslaai

Home
Up

Seekosslaai met baba-aartappeltjies en uie

Skoongemaakte, gaar seekos soos 4 kreefsterte, kalamari-ringe, mossels en krapstokkies
8 aartappeltjies
1 geel- en 1 groensoetrissie, ontpit en
in blokkies van 2 - 3 cm gesny
slaaiblare
45 ml forelkaviaar (opsioneel)
vinkel vir garnering

Romerige uiesous
1 rooi ui, fyngekap
250 ml rooi wyn
20 ml rooiwynasyn
15 ml Dijon-mosterd
100 ml olyfolie
50 ml room
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Kook aartappeltjies in skil vir 15 tot 20 minute tot sag en dreineer.
Braai die soetrissies baie liggies in 'n riffelpan of op 'n rooster.
Maak nou die sous: Plaas die gekapte ui in 'n kastrol en be-dek met die rooi wyn. Prut sonder 'n deksel tot die vloeistof só verminder het dat dit soos 'n stroop lyk. Laat afkoel en voeg die asyn by.
Voeg die mosterd en olyfolie geleidelik in 'n dun straaltjie by en klop die res van die bestanddele in.
Om op te dien: Trek skille van aartappeltjies af, verdeel en rangskik hulle op vier borde met die slaaiblare in die middel.
Verdeel die seekos in eetbare happies op elke bord met soetrissie-blokkies tussen-in. Garneer met kaviaar en vinkel.
Skep sous oor.