Back To main menu click here
Home

Fetakaas

Home

Fetakaas

Jy benodig
'n termometer
10 liter melk
dubbelkoker
yswater
5 korrels gevriesdroogde suurselkultuur
2,5 ml Rennien (ook bekend as stremsel vir stolling)
'n groot plastiekemmer met 'n deksel
'n sif
'n skinkbord
'n PVC-pyp met dreineringsgaatjies as kaasvorm
5 ml wynsteensuur
100 g sout


Hou die termometer byderhand. Verhit die melk tot 68°C in die kastrol en plaas die kastrol daarna in die yswater om af te koel tot 32°C.

Voeg die suurselkultuur by en roer deur sodat dit eweredig deur die melk versprei.

Laat staan vir 'n uur en sorg dat die temperatuur deurgaans op 32°C bly.

Los die Rennien eers in 'n bietjie water op voordat jy dit nou by die melk voeg. Roer deur om dit te bind en laat staan vir sowat 40 minute sonder steuring sodat dit kan stol.

Toets gereeld vir die regte temperatuur.

Sny daarna die stolsel in blokkies en roer dit baie stadig deur vir sowat 5 minute. 'n Geel, waterige stof (wei) word gevorm en die soliede deeltjies is wrongel. Laat staan weer 5 minute lank sodat die wrongel kan afsak.

Herhaal die proses minstens drie keer en skep elke keer die wei af. Indien verkies, kan jy dit deursif sodat daar nie van die wrongel in die wei beland nie. Hou minstens 500 ml van die wei eenkant (die res kan die varke kry) vir die pekel.

Voer die skinkbord met 'n (kaas)doek uit en plaas die PVC-pyp daarop. Skep die wrongel versigtig in die pyp. Plaas die skinkbord só op die wasbak dat die wei kan afloop. Draai die pyp ná sowat 4 uur versigtig om en laat die wrongel oornag dreineer.

Die temperatuur bepaal die doeltreffendheid van die drieneringsproses. In die winter, en as die kamertempearuur nie beheer kan word nie, kan dit maklik twee dae langer duur. As die wrongel nog sag is, het die suur nog nie behoorlik ontwikkel nie en moet dit langer staan. (In die Bosveld moet die kaas 2 dae lank staan.)

Haal die feta uit die vorm. Sny in blokkies en pak in skoon houers.

Maak 'n pekel van 500 ml water en 500 ml wei en voeg die wynsteensuur en sout by. Roer tot sout opgelos is en giet die pekel oor die kaas. Maak seker dat die kaas met pekel bedek is.