Back To main menu click here
Home

Sop

Home
Hoender Sop
Macaroni-en-kaas-sop
Vissop

 

Sop met frikkadelle

500 g droë ertjies, oornag
geweek in water
375 ml gekapte seldery
1 groot ui, gekap
1 huisie knoffel, gekap
45 ml kookolie
3 middelslag-wortels, in
skywe gesny
3 groot aartappels, in blokkies gesny
3 liter groenteaftreksel,
gemaak van 2 ekstrakblokkies
sout en peper na smaak
45 ml gekapte vars pietersielie

Frikkadelle
1 middelslag-ui, fyn gekap
60 ml kookolie
450 g gemaalde varkvleis
375 ml sagte broodkrummels
30 ml asyn
5 ml sout
2,5 ml gedroogde salie
1 eier, geklits

Metode
Dreineer die ertjies (moenie die water vir die sop gebruik nie). Soteer die seldery, ui en knoffel in die olie. Voeg die groente en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Laat prut sowat 30 minute of tot gaar. Geur met sout, peper en die pietersielie.

Vir die frikkadelle: Meng al die bestanddele, behalwe die helfte van die kookolie. (Die res van die olie word gebruik om die frikkadelle in te braai.) Vorm balletjies en braai mooi bruin. Verlaag die hitte en laat prut tot feitlik gaar. Voeg by die sop en laat prut nog 15 minute.