Back To main menu click here
Home

Souse en Marinades

Home
Braaivleis
Dips
Marinades
Souse

Kerrieblatjang


2 kg beet
1 liter bruin asyn
6 x 250 ml suiker
45 ml kerriepoeier
4 groot uie, in ringe gesny
sout en peper na smaak
20 ml tot 30 ml mielieblom

Kook die beet, laat afkoel en rasper grof. Plaas die asyn en suiker in 'n kastrol en voeg die kerriepoeier by sodra dit kook. Voeg die uie by en kook tot deurskynend. Geur met sout en peper. Skep die gerasperde beet versigtig by en laat deurkook. Maak die mielieblom met 'n bietjie water aan en voeg by. Roer tot die mengsel verdik. Skep in gesteriliseerde bottels en hou in die yskas.
 

Heerlike tamatieblatjang
Mnr. H. īt Hart van Derdepoortpark wil graag hierdie heerlike tamatieblatjangresep met ons deel. "Dit is voorwaar 'n lekkerny. Ek is nie eintlik 'n pap-eter nie, maar met krummelpap en 'n stukkie wors oor die kole gebraai, is dit 'n treffer. Probeer dit gerus." Dit is 'n resep wat hy by Andrea van Vuren (Landbouweekblad-man Klasie van Vuren se weduwee) gekry het.
Resep
2 eetlepels sout; 32 ryp tamaties; 8 groot uie; 4 soetrissies; 2 koppies asyn; 2 eetlepels kerriepoeier (mediumsterkte); 1 eetlepel masala; 2 tot 3 koppies suiker; sout, peper en gemengde kruie na smaak; knoffelsout of 4 knoffelhuisies; mielieblom (Maizena) om te verdik.
Strooi die sout oor die geskilde tamaties. Laat staan 3 tot 4 uur. Giet die water af. Skil die uie en soetrissies en voeg by die tamaties. Voeg die asyn by en kook. Voeg die kerrie, masala, suiker, sout, peper, gemengde kruie en knoffel by. Laat kook tot die mengsel dik en sag is. Verdik met mielieblom, wat met water aangemaak is, voor dit van die van die hitte verwyder word. Bottel.