Back To main menu click here
Home Up

T-been

Home
Up

Gemarineerde T-beenskywe met groente
4 T-beenskywe van 240g elk
250ml sonneblomolie
Worcestersous
grof gemaalde peper
kruie na smaak
4 uie
sout
4 soetmieliekoppe
4 gevulde soetrissies
8 repe spek
Marineer die T-beenskywe in die sonneblomolie wat met Worcestersous, peper en ander kruie gegeur is.

Skil en sny uie in skywe van 1cm lank dik.

Haal die vleis uit die marinade en plaas dit op die rooster. Strooi sout en peper oor. Geur ook die uie en mielies met sout en peper. Plaas dit saam met die gevulde soetrissies op die rooster langs die vleis.
Draai die T-bene na 15 minute om en rooster dit nog 15 minute. Voeg die spekrepe by en rooster dit tot bros.

Dien die T-bene en groente op warm borde op.

Lewer 4 porsies.