Make your own free website on Tripod.com

                                Back To main menu click here
Home

Tamatie-brood

Home

Songedroogde tamatie-brood

Diť broodjie is lekker geurig en smaak op sy beste warm uit die oond.

Bestandele
450 g (800 ml) bruismeel
knippie sout
150 g botter, in blokkies gesny
100 g songedroogde tamaties in olyfolie, gedreineer en gekap
100 g ontpitte groen olywe, grof gekap
20 ml gedroogde roosmaryn
300 ml laevetmelk
2 eiers
60 ml olyfolie
10 ml growwe seesout

Stel oond op 180įC. Smeer en voer die boom van 'n broodpan uit.
Plaas meel en sout in 'n groot bak. Voeg botter by en vryf met vingerpunte in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
Voeg tamatie en olywe by. Klits melk en eiers saam en voeg by droŽ bestanddele. Meng goed saam en skep in pan. Maak bo-op glad. Bedruip die deeg met die olyfolie en sprinkel growwe sout oor.
Bak sowat 45 minute tot gaar en ferm.
Laat op rak afkoel.