Back To main menu click here
Home Up

Tuna Tert

Home
Up

Tuna Tert

Smeer 'n oondvaste tertbord met botter/olie.

Pluis 'n blikkie Tuna-vis (225g)

Metode:
Meng 'n halwe koppie gerasperde kaas en een gekapte, gesoteerde ui daarby. Klits saam: 2 eiers, 25 ml koekmeel, 'n halwe teelepel bakpoeier, 'n knippie sout en 200 ml melk. Giet mengsel bo-oor en strooi 'n bietjie gekapte pietersielie daaroor. Bak in oond tot gaar teen 180 grade Celsius vir 30 minute. Bedien warm met vars brood en 'n mengelslaai van blaarslaai, komkommer en pynappel.

Tuna tert

2 gekapte uie
2 blikkies tuna
150g fyngemaakte kaas-en-uie skyfies
100ml mayonnaise
100ml blatjang
200ml melk
6 eiers
1 klein blikkie gesnyde sampioene
2 koppies gerasperde cheddar kaas

Braai die uie. Meng die uie en al die ander bestanddele behalwe die kaas saam. Bak dit sowat 30 min by 180 grade C. Verwyder uit die oond en strooi die kaas bo-oor.

Bedien vier.

KITS TUNA-TERT

Smeer 'n oondvaste tertbord met botter/olie.
Pluis 'n blikkie Tuna-vis (225g)
1. Meng ongeveer 'n halwe koppie gerasperde kaas en een gekapte, gesoteerde ui daarby. (Wenk: Jong uie/ "Spring onions" gekap met lowwe en al, is lekker.)
2. Klits saam: 2 eiers, 25 ml koekmeel, 'n halwe teelepel bakpoeier, 'n knippie sout en 200 ml melk.
3. Giet hierdie mengsel bo-oor en strooi 'n bietjie gekapte pietersielie daaroor.
4. Bak in oond tot gaar ( teen 180 grade Celsius vir 30 minute)
5. Bedien warm met vars brood en 'n mengelslaai van blaarslaai, komkommer, pynappel, ens.

VINNIGE TUNA TERT

2 medium uie gekap
2 blikkies tuna
150g Kaas-en-Uie skyfies (fyngemaak)
100ml mayonnaise
100ml blatjang
200ml melk
6 eiers
1 klein blikkie gesnyde sampioene
2 koppies gerasperde cheddar kaas

1. Braai die uie. Meng die uie en al die ander bestanddele behalwe die kaas
saam.
2. Bak dit sowat 30 min by 180 grade C. Verwyder uit die oond en strooi
die kaas bo-oor.